B's en V's
Is die items in jou klerekas op gewas, deur gestryk, vaal gedra en jou vellies kaf gedraf? Smag jou klerekas na nuwe items? Goeie nuus! klerekas.com het klere wat selfs jou ouma se naaimasjien jaloers sal maak en jou hangers sal laat kreun. Die beste van alles? Dis so maklik soos 1… 2… 3… om jou klerekas.com pakkie te bestel en jy hoef nie eers jou bed te verlaat nie -jy’s inelkgeval te mooi om parkeerplek te soek.
STAP 1:
Besluit op jou gunsteling item in die klerekas.com versameling.
STAP 2:
Nou is dit tyd om jou grootte of die kleur van jou keuse (indien van toepassing) te selekteer.
STAP 3:
Voeg hierdie item(s) in die klerekas.com mandjie.
(Indien jou klerekas by die huis na meer items smag, herhaal stap 1 tot 3.)
STAP 4:
Sodra jy tevrede is met die inhoud in jou mandjie, is dit tyd om te laat waai na die kassier! Vul die nodige inligting in sodat jou klerekas.com pakkie so gou as moontlik by jou kan uitkom en in jou kas kan hang.
*Ons stel voor jy stoor jou inligting, want jy gaan beslis nog baie inkopies by klerekas.com wil doen.
STAP 5:
Payfast (‘n eksterne party met hul eie prosedures) bied die beste en veiligste manier van betaling, volg die nodige stappe en instruksies om jou betaling te voltooi.
STAP 6:
Nadat jy die nodige inligting voltooi het, klik op “Gaan voort na betaling”
STAP 7:
Sodra jou betaling suksesvol is, sal die kassier dit met jou kommunikeer.
Jou klerekas.com pakkie is nou gereed om aan jou te pronk!
Alle klerekas.com items word spesiaal verpak en saam met die FastWay -posman gestuur. Klerekas.com pakkies neem ongeveer sewe tot tien werksdae om by jou afgelewer te word. (Neem kennis daarvan dat die meeste van ons items handgemaak word, daarom mag dit somtyds bietjie langer neem. Indien dit die geval is sal jy ‘n e-pos of oproep van die Kassier ontvang.)
Jy sal ‘n verwysingsnommer per e-pos ontvang sodat jy jou klerekas.com pakkie maklik kan opspoor. Lees dié nommer op die betrokke koerier se webwerf in en hou so jou pakkie se vordering dop.
Indien jy nie in ‘n groot(erige) stad woon nie, mag die posman moontlik ‘n klein bietjie langer neem om jou te bereik.
Sou jy nie tevrede wees met jou klerekas.com item nie, stuur gerus vir ons ‘n e-pos na posbus@klerekas.com. Wanneer ons jou e-pos ontvang het sal ons reël dat die posman jou weer besoek om die item wat nie pas nie op te laai … Sodra ons die item ontvang het, en dit is nie beskadig of gedra nie, sal ons vir jou ‘n #klerekaskoepon stuur vir die waarde van jou item.
Let asseblief daarop dat jy self verantwoordelik sal wees vir die verskepingskoste indien jy jou produkte wil terugstuur, sonder dat dit foutief of beskadig is. Jy sal verantwoordelik wees daarvoor om self die verskepingskoste vir die teruggestuurde item te betaal.
Verskepingskoste is nie terugbetaalbaar nie. Indien jy ʼn terugbetaling ontvang, sal die koste van verskeping van jou terugbetaling afgetrek word.
Indien jy 'n bestelling terugstuur vir 'n terugbetaling verval die aanvanklike gratis koerierdienste en word dit van die terugbetaling afgetrek.
Onthou, daar is slegs ‘n beperkte hoeveelheid van elke item beskikbaar op klerekas.com, so vining spring, lekker koop!
ONS BELEID
Ons beleid maak voorsiening vir 30 dae om produkte terug te stuur. Indien 30 dae verloop het sedert jou aankope, kan ons ongelukkig nie vir jou ʼn terugbetaling of omruiling aanbied nie.
Om in aanmerking te kom vir ʼn terugbetaling, moet die item ongebruik wees en in dieselfde toestand as waarin jy dit ontvang het. Dit moet ook in die oorspronklike verpakking wees.
Verskeie soorte goedere kan nie teruggestuur word nie. Bederfbare goedere soos kos, blomme, koerante of tydskrifte, kan nie teruggestuur word nie. Ons aanvaar ook nie produkte wat intieme of sanitêre goedere, gevaarlike materiale of ontvlambare vloeistowwe of gasse insluit nie.
Ander items wat nie teruggestuur kan word nie:
Geskenkbewyse
Aflaaibare sagteware-produkte
Sommige gesondheids- en persoonlike sorg items
Om jou omruiling te voltooi, vereis ons ʼn kwitansie of aankoopbewys.
Moet asseblief nie jou aankope direk aan die vervaardiger terugstuur nie.
In sekere gevalle kan net gedeeltelike terugbetalings toegestaan word (waar van toepassing) vir:
klere wat duidelike tekens toon van gebruik;
enige item wat nie in die oorspronklike toestand is nie, wat beskadig is of waarvan dele weg is, wat nie ons fout is nie; en/of
enige item wat teruggestuur word ná 30 dae na aflewering.
Terugbetalings (indien van toepassing)
Wanneer jou teruggestuurde item ontvang en nagegaan is, sal ons vir jou ʼn e-pos stuur om jou te laat weet ons het die teruggestuurde item ontvang. Ons sal jou ook laat weet of jou terugbetaling goedgekeur of afgewys is.
Indien jou terugbetaling goedgekeur word, sal die terugbetaling geprosesseer word en ʼn krediet sal outomaties op jou kredietkaart of oorspronklike betalingsmetode gedoen word, binne ʼn sekere aantal dae.
Koerierkoste word dadelik aan 'n derde party maatskappy oorbetaal tydens verskeping. Koerierkoste word dus afgetrek van die terugbetaling.
Laat of vermiste terugbetalings (indien van toepassing)
Indien jy nog nie ʼn terugbetaling ontvang het nie, gaan eers weer jou bankrekening na.
Tree dan in verbinding met jou kredietkaartmaatskappy, omdat dit ʼn wyle kan duur voordat jou terugbetaling amptelik op jou staat verskyn.
Tree daarna in verbinding met jou bank, aangesien dit tyd kan vat om die terugbetaling te prosesseer en dit in jou rekening verskyn.
As jy al hierdie stappe gevolg het en jy het nog steeds nie jou terugbetaling ontvang nie, tree asseblief met ons in verbinding by posbus@klerekas.com
Uitverkopingsitems (indien van toepassing)
Jy kan slegs terugbetalings ontvang vir items wat teen gewone pryse aangekoop is en ongelukkig nie vir items wat op uitverkoping gekoop is nie. Produkte wat teen 'n afgemerkte prys of winskopie gekoop word kan nie omgeruil word vir 'n ander grootte, produk of krediet nie.
*Dit kan wees dat sommige van die produkte wat teen 'n afgemerkte prys aanlyn beskikbaar gestel is, "sample" items is, of items is wat in 'n fotosessie deur 'n model aangetrek is.
Omruilings (indien van toepassing)
Ons ruil net items om wat foutief of beskadig is. Indien jy dit wil omruil vir dieselfde item, stuur vir ons ʼn e-pos na posbus@klerekas.com en stuur die item na: Klerekas.com, 421 Kariega straat, Erasmuskloof, Pretoria, 0181. Indien die produk beskadig of foutief is, sal Klerekas.com verantwoordelik wees vir die verskepingskoste wanneer jy die produk aan ons moet terugstuur.
Geskenke
Indien die item gemerk is as ʼn geskenk toe dit gekoop en direk aan jou gestuur is, sal jy ʼn geskenkkrediet kry vir die waarde daarvan. Wanneer die teruggestuurde item ontvang word, sal ʼn geskenkbewys aan jou gepos word.
Indien die item nie as ʼn geskenk gemerk is toe dit gekoop is nie, of die geskenkgewer het die bestelling na sy eie adres laat stuur om dit later self vir jou te gee, sal ons die geskenkgewer terugbetaal en hy sal dus weet jy het die item teruggestuur.
Verskeping
Om jou produk terug te stuur, koerier dit na: Klerekas.com, 421 Kariega straat, Erasmuskloof, Pretoria, 0181.
Let asseblief daarop dat jy self verantwoordelik sal wees vir die verskepingskoste indien jy jou produkte wil terugstuur, sonder dat dit foutief of beskadig is. Jy sal verantwoordelik wees daarvoor om self die verskepingskoste vir die teruggestuurde item te betaal. Verskepingskoste is nie terugbetaalbaar nie. Indien jy ʼn terugbetaling ontvang, sal die koste van verskeping van jou terugbetaling afgetrek word.
Die afleweringstyd vir omruilings kan wissel, afhangende van waar jy bly.
Indien jy ʼn item stuur wat meer as R100,00 kos, moet jy dit oorweeg om ʼn verskepingsdiens te gebruik wat jou in staat stel om die pakkie te volg of jy moet dit verseker. Ons waarborg nie dat ons jou teruggestuurde item sal ontvang nie.
Aankope deur derde partye
Enige Klerekas.com produkte wat van agente of groothandelaars verkry word, sal nie gedek word deur klerekas.com se bepalings en voorwaardes nie. Dit sluit in, maar is nie beperk tot enige defekte, skade of groottes.