Aangename kennis

Welkom aan al die klerekassers reg oor die wêreld!

Klerekas.com is een van daai drome wat al jou stoute verwagtinge oortref. Dis soos wanneer oupa nie net vir jou 'n stukkie biltong kerf nie, maar sommer "labola" ook betaal.

Dit was toe twee aspirante Suid-Afrikaners deur die Vrystaatse-vlaktes gereis het met 'n hart wat verlang na meer. Die idee het ontstaan toe Adam vir sy Eva sê dat hy so moeg is daarvoor dat daar nie stylvolle knopieshemde vir mans is nie. Alles is een of ander blokkiesraaisel met 'n vervelige skakering van gister se sondes. 

Eva kon die geween nie meer hanteer nie. Sy het Adam belowe (en ons almal ken haar beloftes) om vir hom 'n knopieshemp te ontwerp wat sy asem sal wegslaan. 'n Hemp wat sy kollegas by die werk sal laat smag na bevordering en tydens die partytjies sawens meer as sy dors sal les (as jy enigsins hierdie grappie verstaan, moet jy dadelik die kontak ons-vorm invul) ... Natuurlik het Eva die belofte gebreek en sommer ses hemde, nege dasse, twee broeke en 'n strikdas vir Adam ontwerp. Die res het gelei tot die geskiedenis waar Adam, Eva se arm gedraai het om nog olie in daai naaimasjien te spyt om vir die hele Suid-Afrika klere te ontwerp!

Vandag is klerekas.com die eenstop aanlynwinkel wat aan beide Adam en Eva se behoeftes voldoen. Die klerekas.com span vat hande met plaaslike entrepreneurs wat dieselfde visie het, naamlik: Om noodsaaklike styl te skep wat aan die nodige kwaliteit en mode voldoen. 

Jy kan klerekas.com werklik sien as jou persoonlike stylgids en klerekas. Moenie huiwer om voorstelle of ontwerpe te stuur nie, ons wil graag aan jou smaak voldoen. Laat weet ons ook as jy self 'n ontwerper is wat van jou produkte op klerekas.com wil verkoop -Ons kas se deure is altyd oop.

Baie dankie vir jou goeie smaak, styl en ondersteuning. Vinnig spring, lekker koop!

Klerekas.com groete