Vir altyd

Mamma

Dankie dat ek myself teen jou hart kan opkrul terwyl jy jou liefdevolle arms om my vou.

Dankie vir die liefde waarmee jy my altyd troostend omhels.

Dankie vir oggend tee en die sagtheid in jou oë met elke môre se groet.

Dankie dat mamma my leer om tyd te maak om te droom, die blomme langs die pad te sien, deur die lewe te dans, lief te wees en dat ek weet mamma is altyd daar.

Dankie vir jou voorbeeld van altyd die minste wees en van gee, vir mamma is tweede plek altyd eerste prys.

Geen woorde sal ooit waardig wees om my dankbaarheid te omskryf nie.

Dankie mamma, ek het jou só lief.