Vind Jou Ware Noord

Jou ware Noord is jou egte identiteit, dit jy wat jy ontdek nadat jy deur donker dieptes is. Wanneer jy bo almal se verwagting kop bo water hou. Identiteit word nie gekweek ten spyte van uitdagings nie, maar eerder as gevolg daarvan.

Suid-Afrika is ons trots, ons land en ons erfenis. Uitdagings in terme van taalvryheid, politieke druk en geweld maak jou nie minder jy nie, maar laat jou juis besef wie jy werklik is en waarop jy kan trots wees.