Korshid Van Coke

Hierdie horlosie is saam met Francois Van Coke ontwerp om fondse in te samel vir die Vrede Fondasie. Die Vrede Fondasie bevorder kankerbewustheid onder jong Suid-Afrikaners en help ook om kankerlyers sonder 'n mediesefonds se hospitaalkostes te dek.

Alle wins word aan die Vrede Fondasie geskenk.