Gratis koerierdiens vir bestellings van R599 of meer
Gourmet Boerie
R 0.00

Gourmet Boerie

Boerie
4-6 porsies

6 Boerewors rolletjies
1kg Boerewors
1 Houertjie Roomkaas
Rooi soetpeper smoor
Krakerige uie sprinkel

Metode

- Smeer rolletjies met roomkaas
- Sit gebraaide wors in rolletjie, voeg dan smoor by en maak klaar met uie stukkies

 

Rooi Soetpeper en Pikant peper (Peppadew) Smoor

4 Rooi soetpepers
1 Ui
1 Knoffel huisie
100g Botter
30 ml Kook olie
80ml Bruinsuiker
80ml Witwyn asyn
1 Kaneel stokkie
2 Ster anys
6 Peppadews

Metode

- Sny uie in klein blokkies
- Verhit botter en olie in n pan op medium hitte
- Soteer uie tot sag, terwyl jy knoffel kap en rooipepers in medium blokkies sny.
- Voeg pepers en knoffel by uie en laat stadig braai vir 10 min
- Gooi suiker, kaneel, ster anys en asyn by en laat kook tot sag, sowat 30 min
- Sny peppadews in klein blokkies en roer deur smoor.
- Geniet op n boerie

+