Vadersdag

Sorteer & Filter
Tuis Vadersdag
Tuis Vadersdag
Pappa

Jy was my eerste beste maatjie.

Jy met jou avontuurlustige, omgee hart.

Ek onthou hoe ek op jou voete staan en dans het.
Hoe ek jou vashou en in die rondte swaai terwyl jy my rondomtalie draai.

Dankie vir pappa se liefde wat my aanspoor om met oop oë te droom en dat jy my foute as wysheid verwelkom.

Dankie vir ‘n huis waar die son elke hoek met vreugde bedek en ons sorgvry kan leef.

Ons dae saam gaan té kort wees, maar wanneer ek daaraan dink kyk ek af en sien ek die buitelyne van jou voetspore onder my sole en besef, waar ek gaan, dra ek pappa altyd saam.

Dán dra ek jou glimlag soos een van jou ou, oorgroot truie.

Pappa, ek het jou só lief.