The Bow Co.

The Bow Co. het ontstaan deur twee voltydse studente wat na 'n paar gesprekke impulsief besluit het om hul (Julian en Stefanie) eie besigheid te begin. In die begin was die idee van ‘n besigheid sommer net ‘n paar grappies tot Stefanie mede-eienaar, ‘n naaimasjien vir haar verjaarsdag gekry het. Gou het hulle besef dat hierdie besigheid nie net ‘n konsep was nie, maar ‘n realiteit. Met ‘n Bow Co. strikdas sal jy verseker kan uitstaan by jou volgende koshuis dinee, valentynsbal of premiére!

The Bow Co. produseer net drie strikdasse van ‘n spesifieke ontwerp. Dus sal jy vinnig moet spring as jy een (of almal) van hulle strikdasse wil koop.