San Pedro

  

San Pedro is gemaak vir ouens wat nie skroom om eerste op die nuutste mode-golf the spring nie. Die ouens wat weet “om te waag is om te wen”, die ouens met wind deur hulle hare en vuur binne in hulle.

 

Behalwe dat dit uber modieus is, is dit ook eko-vriendelik. Die materiaal word met plantekstrakte soos indigo en granate gekleur en saam met kokosneutknope is dit die perfekte kombinasie vir avontuurlustige natuurliefhebbers.

 

Hierdie hemde word met die hand gekleur. Dit is enig in hulle soort en geen twee hemde is eenders nie.