Reformed Strikdasse

Die naam sê alles: Reformed

Reformed het in die huisdansseisoen van Stellenbosch ontstaan toe Jacobus 'n leerstrikdas vir Rentia se huisdans wou hê. Ambisieus, het hy besluit om self een te maak. In die proses het 'n besigheid ontstaan waardeur dié twee voltydense studente 'n ekstra sent of drie kon verdien.

 

Reformed se leerprodukte is bekostigbaar, stylvol en elegant. Alle produkte is handgemaak van egte leer. En weet dat wanneer jy een of dalk almal van hierdie strikdasse koop, dit verseker twee jong entrepreneurs-studente sal laat bokspring!