GRATIS AFLEWERING* vir bestellings meer as R599

Reeks: Little Black Bird

4 produkte

Hallo mamma! 🤰🏼

Elke oggend wanneer pappa nog langs jou lê en slaap, word jy al wakker van die swaeltjies se getjirp buitekant jou kamervenster. Hulle fluit saam met jou oor die nuwe seisoen wat besig is om aan te breek.

Terwyl die somer op die horison wink en die winter se laaste asem blaas is die swaeltjies besig om ‘n nuwe nes te bou. As ‘n mamma wat binnekort ‘n kind in die wêreld bring, het jy eintlik baie met ‘n swaeltjie in gemeen. Nie net moes julle albei migreer het om tot hier te kom nie, maar beide van julle koester die moontlikhede van die son se beloftes.

Dalk is dit die uniekheid van ‘n verwagtende mamma-hart wat sweef oor grense met die hoop wat ‘n nuwe seisoen kan bring. 

Met hierdie nuwe moontlikhede en werk wat wag, kan jy nie nog bekommerd wees oor wat in jou klerekas pas en wat nie. 

Little Black Bird is ontwerp vir swanger dames wat graag stylvol, maar tog gemaklik wil rondhardloop om alles gereed te kry vir die nuwe baba boetie, sussie of meervoud daarvan wat binnekort hulle verskyning sal maak.

Wie weet, ‘n Klerekas.com-swaeltjie mag dalk net jou pakkie by jou voordeur kom aflewer en dan sommer ook die ooievaar roep om sy verskyning maak. 😉

 

  • Pajama pakkie
    Standaard prys
    R 1,050.00
    Sale price
    R 550.00
  • Die geskenk (swart)
    Standaard prys
    R 950.00
    Sale price
    R 550.00
  • Die geskenk (oranje)
    Standaard prys
    R 950.00
    Sale price
    R 550.00
  • Die geskenk (olyfgroen)
    Standaard prys
    R 950.00
    Sale price
    R 550.00