Gratis koerierdiens vir bestellings van R599 of meer

Joshua na die Reën

Die bekroonde kunstenaar, Joshua na die Reën, bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks - Vir Altyd (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en Voshaarnooi (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Nes die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het klerekas.com 'n klerereeks ontwerp en vervaardig wat spreek tot JNDR se mooiste melodieë en lirieke. 

Die klerereeks bestaan uit mansknopieshemde wat soomloos aanmekaar gestik is met linnemateriaal, JNDR se alombekende kopbande met kleurvolle Shweshwe en 100%-leer vellies wat heuwels en berge sal versit.