JanaS

Kleurvol, roepinggedrewe en 'n blommekind is van die komplimente wat jy sal ontvang wanneer jy met een van JanaS se produkte in die strate rond wandel. Jana van Staden het kleding by die Universiteit van Pretoria studeer en daarna 'n beroep nagestreef in klerewinkels.  Na drie jaar was sy geïnteresseerd in die produksie-proses agter die items wat so op die hangers gehang het in die winkels. In 2017 het Jana self agter die ontwerpersbank ingeskuif en haar eerste reeks bekendgestel. Met 'n JanaS pakkie sal jy altyd stylvol tog speels voorkom!