Glare

 

Glare beteken om lig te reflekteer.  Die lig wat ons van Christus ontvang moet uitgestraal word na dié rondom ons.  Dit is waar die naam Glare sy oorsprong gekry het. My man het reeds in 2002 die handelsmerk, Glare,  registreer, met 'n visie om 'n verskil te maak. 

Glare se visie is om elke vrou te laat gemaklik voel in haar eie lyf en om haar sagte en vroulike kant na vore te bring. Ek glo elke vrou is pragtig, en met die regte kleure en klere kan haar skoonheid na vore kom. Glare items is ontwerp vir die vrou wat nie bang is om raakgesien te word nie en met selfvertoue en lewenslus haarself te laat skyn en 'n ‘glare’ vir die mense rondom haar te wees.

Glare items skep 'n gevoel van vry wees. Dis vroulik, tog speels en vrolik.

Alhoewel die middel in die meeste van my ontwerpe beklemtoon word, is my ontwerpe los om die vrou se heupe, wat my reeks gepas maak vir die tipiese Suid-Afrikaanse vrou se lyf.

Ek werk met helder en bont kleure wat aandag trek en selfvertroue weerspiëel.  Ek is baie lief om verskillende teksture te meng en nie bang om te waag deur formele satyn met 'n informele leerbelt en katoen te kombineer nie. Ek hou baie van dik katoene en teksture wat spesifiek die gevoel van die 1950’s weergee, maar werk ook met sagte satyn en chiffon.

Ek glo die styl is tydloos en enige vrou sal daarby aanklank kan vind.  Vrouens moenie bang wees om te eksperimenteer nie.

In 'n Satyn romp met 'n informele toppie, gekombineer met 'n leerbelt en leer vellies kan enige vrou gemaklik en vroulik voel. Die skoene kan afgewissel word met hakskoene vir die formele geleenthede, maar vir die 'modern vintage' gevoel is die plat leerskoene net die ding om enige vrou soos ‘n dame te laat voel.

Wear the logo...live the life!!