Gratis koerierdiens vir bestellings van R599 of meer

Braaidag Respete

Posted by Caitlin Hewitt on

GOURMET BOERIE

Boerie
4-6 porsies

6 Boerewors rolletjies
1kg Boerewors
1 Houertjie Roomkaas
Rooi soetpeper smoor
Krakerige uie sprinkel

Metode

- Smeer rolletjies met roomkaas
- Sit gebraaide wors in rolletjie, voeg dan smoor by en maak klaar met uie stukkies

 

Rooi Soetpeper en Pikant peper (Peppadew) Smoor

4 Rooi soetpepers
1 Ui
1 Knoffel huisie
100g Botter
30 ml Kook olie
80ml Bruinsuiker
80ml Witwyn asyn
1 Kaneel stokkie
2 Ster anys
6 Peppadews

Metode

- Sny uie in klein blokkies
- Verhit botter en olie in n pan op medium hitte
- Soteer uie tot sag, terwyl jy knoffel kap en rooipepers in medium blokkies sny.
- Voeg pepers en knoffel by uie en laat stadig braai vir 10 min
- Gooi suiker, kaneel, ster anys en asyn by en laat kook tot sag, sowat 30 min
- Sny peppadews in klein blokkies en roer deur smoor.
- Geniet op n boerie

 

BRAAIBROODJIE

Niemand hou van 'n droë broodjie nie... Gee jou braaibroodjie 'n facelift! 

Braaibroodjie

4-6 porsies

1 Ciabata
1 Blok Ementhal kaas
1 Pakkie Songedroogte tamaties
1 Houertjie Uie Marmelade
1 Houertjie Roomkaas
1 Houertjie Agurkies

Metode
- Sny jou brood, kaas en agurkies
- Smeer jou broodjies met roomkaas
- Bou jou broodjie; uie marmelade, tamaties, kaas en agurkies
- Braai tot broodjies bruin is en kaas gesmelt het

 

PAVLOVA

Bestanddele: 

4 eier witte
250ml strooisuiker
5 ml maizina
5 ml wit asyn
5-10ml vanilje geursel

Metode
- Voor verhit oond tot 150°C en voer n bakplaat uit met bakpapier
- Klits eier wit tot sagte punt stadium
- Voeg suiker, eetlepel op n keer, by. Hou aan klits tot suiker opgelos het, voor volgende byvoeging van suiker
- Voeg asyn, maizina en vanilla by, klits tot deur gemeng
- Skep mengsel uit op bakplaat en vorm n sirkel met n holte in die middel
- Bak vir 1 uur en laat afkoel in afgeskakelde oond

Bloubessie sous
250g Bloubessies
125ml Suiker
125ml Water
Sap van 1 klein suurlemoen
2 Takkies mint

Metode
- Gooi al die bestandele behalwe mint in n kastrol en kook op medium hitte tot sag en strooperig (sowat 20min)
- Skakel hitte af, gooi mint by en los om af te koel.

Vulsel

375 ml Room
1 houertjie Creme Fraiche
10 ml Vanilje geursel
60 - 80 ml Versiersuiker
Bloubessie sous
Aarbeie
Bloubessies

Metode
- Klop room styf
- Vou Creme Fraiche, vanilje en versiersuiker in
- Vul pavlova dop
- Garneer met bloubessie sous, vars bloubessies en aarbeie.

braaidag

← Older Post